ABOUT ME

-

Today
-
Yesterday
-
Total
-
  • God Se Apteek Boek
    카테고리 없음 2020. 3. 6. 21:17

    Ek het gisteraand weereens geblaai deur Herman Uys se boek God se Apteek en die wonderlikste medikasie wat in die natuur opgesluit le net weereens besef. Aan die einde van die boek is daar n redelike lofrede oor rooipeper.n Vriendin van my wat honderde rande se medikasie moet gebruik vir sooibrand was so moedeloos dat sy bereid was om enigiets te probeer. Ons gee toe vir haar die raad n.a.v. Die boek om rooipeper te probeer.

    God Se Apteek Maagseer

    Sy neem toe n telepel heuning of botter en maak n sterk pasta aan met die rooipeper(so een derde teelepel). Die botter/rooipeper mengsel stel jou in staat om sulke klein 'balletjies' te vorm wat jy dan met koue water soos n pilletjie insluk. Die 'trick' is net om die rooipeper nie in kontak te bring met jou mondslymvliese nie. Vind self uit.Sy het soveel baat gevind hierby dat sy die hele dorp se rooipeper gaan opkoop het!My man vertel dat daar jare gelede tydens n jakkalsjag in die Montagu berge n jagter was wat n maagprobleem gehad het en van sy medejagters gee hom toe die volgende raat.Hy stroop die fyn blaartjies van die takkies van n 'skaap-Karoo-bossie' af en by gebrek aan kookwater om dit te laat trek, sluk die siek jagter sommer die handjie vol blaartjies af met koffie.

    N Paar uur later vra iemand of hy al beter voel en toe kon hy amper nie onthou dat hy siek was nie.Ek noem hierdie skaap-Karoo kruiebossie ons 'vrybossie' want Hubby het geweet ek is mal daaroor en as die djuffrou in ons vryersdae by haar Mini kom, is daar n stukkie vrybossie in die ruitveer ingedruk, net genoeg om die djuffrou LAM in die kniee te maak. Brandewyn as 'after sun treatment'.Nee, julle verstaan verkeerd! Dis nie vir mondelingse gebruik nie!!!Ons gesin het sulke ligte velle dat die Afrika son nou nie juis vir ons bedoel is nie. En n hele paar keer het ons al deur die jare so verbrand omdat ons nie gedink het die son is darem SO fel nie. My skoonpappie was n wynboer en hy het toe die raad gegee. As jy klaar gebad is nadat jy n bietjie te veel van die son geproe het, gooi n handjie vol brandewyn op jou hand en SMEER op die rooi dele. En weereens nee, jy ruik nie soos n kantien nie!

    God se apteek boek 1

    Die volgende oggend is net die dele rooi wat jy NIE bygekom het nie. Ons het agterna ook 'surgical spiritus' probeer wat tog n baie hoe alkohol inhoud het, maar dit werk nie.

    Boek

    God Se Apteek Boek 3

    Die gevolgtrekking wat ons toe gemaak het, is dat die helende krag in die druiwe deel van die brandewyn moet le. Ons het dit al keer op keer probeer en DIT WERK!

Designed by Tistory.